Tuisblad / Dieregesondheid / Kwaliteit

Kwaliteit

Ons glo aan die beginsel dat gehalte altyd die deurslag moet gee. Dit vorm die basis van ons werk al vir meer as 'n honderd jaar. Ons produksiefasiliteite voldoen aan die heel nuutste gehalte standaarde. Ons poog daagliks om ons prestasies te verbeter ten einde hierdie standaarde te handhaaf. Almal het net een doel voor oë: die vervaardiging van hoë kwaliteit produkte en die bied van uitstekende diens. Dit is hoe ons bydra tot ons kliënte se vooruitgang.

Daaglikse verbetering van die gehalte standaarde 

As gevolg van ons internasionale betrokkenheid, is ons in staat is om ons kennis en ervaring voordurend uit te brei. Ons trek ook voordeel uit ons samewerking met van die beste opvoedkundige instellings in die wêreld. Ook vergeet ons nie ons eie navorsingmaatskappye nie, wat daagliks nuwe insigte omskep in nuwe praktiese toepassing. Bykomend tot die handhawing van hoë kwaliteit produkte, is die ingesteldheid van ons werknemers teenoor hul werk en die gehalte van dienste wat hulle daagliks lewer van die heel beste.

Internasionale sertifisering van gehalte stelsels

Om die gehalte van ons produkte te verseker is ons by verskeie erkende internasionale instellings gesertifiseer, naamlik:
ISO22000
• AFMA

Belê in voedingstegnologie  

Ons belê in toegepaste navorsings- en produktegnologie. Ons is voordurend besig om ons laboratoriums, navorsingsfasiliteite en fabrieke op te gradeer. Dieselfde geld vir ons besigheidsprosesse. Daarom is ons produksie-aanlegte toegerus met die mees moderne tegnologie. Ons bly altyd gefokus op die handhawing van die kwaliteit van ons produkte en vir die voortdurende verbetering daarvan.