Tuisblad / Dieregesondheid / Vernuwing

Vernuwing

De Heus het ten doel om voortdurend beter te presteer, want as ons kliënte goed doen, doen ons goed! Ons fokus dus daarop om ons kliënte te help om hul besighede te bevorder deur middel van ons persoonlike voedingsstrategieë. Om spesifieke oplossings te vind vir ʼn spesifieke boer is wat ons motiveer. Hierdie motivering en ons geïntegreerde benadering tot leiding, goeie produkte en naverkoopdiens help verseker dat ons kliënte die beste resultate en die hoogste opbrengste kry. 

Dit is waarom ons pasgemaakte oplossings bied! 

Ons verstaan die kompleksiteit van landboubesighede waar baie verskillende faktore ʼn rol speel. Faktore wat mekaar voortdurend beïnvloed is onder andere gesondheid, genetika, dierewelsyn, wetgewing, voeding, mikroklimaat, bestuur, nuwe tegnologie en beide lang-en korttermyn doelwitte. Al hierdie faktore beïnvloed 'n maatskappy se eindresultate. Dit is die rede waarom De Heus daarna streef om oplossings te bied vir elke probleem.

Ons doel is vordering op elke gebied! 

Ons ondersteunende dienste en hulpbronne fokus ook op:

• die verskaffing van toeganklike kennis en ervaring oor voer en veeteelt
• die aanbeveling van die regte voedingsbehoeftes en 'n voerstrategie aangepas vir elke kliënt
• die gesondheid van diere en hul nageslag
• die verbetering van die produktiwiteit van die diere
• die verhoging van die produksie
• die verbetering van bestuur op plase