Tuisblad / Kennisbank / Verbeter jou koeie se gesondheid deur gebruik te maak van die PreLacto droë koei-plan

Verbeter jou koeie se gesondheid deur gebruik te maak van die PreLacto droë koei-plan

-

Doelwitte wat 'n produsent vir sy besigheid kan stel:

  • Die koei moet gemaklik kan kalf
  • Kolostrum moet goeie kwaliteit hê vir ’n gesonde kalf
  • Goeie rumen aanpassing
  • Die koei moet gesond wees sonder metaboliese steurnisse soos bv.: melkkoors, ketose, ens.
  • Goeie melkproduksie
  • Verlaagde afname in kondisie
  • Vrugbaarheid: verminderde dae na eerste KI en verbeterde konsepsie
  • Groter wins

De Heus identifiseer 4 fases in die droë periode van ʼn melkkoei naamlik:

  • Opdroogfase: die laaste weke van laktasie
  • Verlangsfase: die eerste 4 – 6 weke gedurende die droë periode
  • Opstoomfase: die laaste 2 – 3 weke van die droë periode
  • Vroegvarsfase: die eerste 2 – 3 weke gedurende laktasie

  1. Alhoewel al 4 fase van kardinale belang is, word daar vir die doel van hierdie artikel op die Opstoomfase gefokus.

“ Kritiese Periode”  - OPSTOOMFASE

Waarom dit belangrik is om die melkkoei ’n goeie opstoomrantsoen te gee:

In hierdie fase maak die melkkoei gereed om te kalf. Haar liggaam gaan deur verskeie veranderinge, beide fisies en hormonaal. Droëmateriaalinname (DMI) neem drasties af terwyl haar voedingsbehoefte drasties toeneem. Gedurende die laaste week prepartum (voor kalwing) is die fetus  se nutriëntbehoefte die hoogste (Bell, 1995), maar die koei se DMI neem drasties af met ongeveer 30% in die laaste 7 – 10 dae voor kalwing. Sien grafiek 1


Grafiek 1 Illlustreer droë materiaal inname voor en na kalwing. (Grummer, Ric R. Optimization of Transition Period Energy Status for Improved Health and Reproduction, 2006)

Die meeste fetusgroei vind ook plaas in die laaste drie maande van dragtigheid. Die energiebehoefte van dragtige koeie bereik 1,3 tot 1,5 keer die onderhoudsbehoefte tot die einde van swangerskap (Quigley and Drewry, 1998). Die groei van die fetale weefsel volg ’n eksponensiële kurwe wat begin in die laaste trimester (Bell et al., 1995; House and Bell, 1994). Wat ook in ag geneem moet word saam met die DMI afname en verhoogde voedingsbehoeftes, is dat die produsent ook die melkkoei se rumen moet aanpas vir die oorgang na die laktasierantsoen.

Uit die grafiek kan afgelei word dat die produsent ’n goeie strategie moet bewerkstellig om die beperkinge wat in hierdie fase voorkom te bestuur en te oorkom. Dit is waar De Heus se PreLacto-konsep belangrik is. Die produsent en ’n De Heus Tegniese Adviseur kan saamwerk om die beste uitkoms te bewerkstellig. Dit is waarom De Heus se leuse “Powering Progress” is, want deur saam te werk kan  die beste resultate verkry.

Wat kan gedoen word om die beperkinge in die Opstoomfase te oorkom?

  • Droëmateriaalinname:

Die kritiese vraag is wat die produsent kan doen om ʼn goeie wegspring vir sy koeie te verseker. Dit is bekend dat daar ’n afname in DMI in laaste 3 weke voor kalwing is. Dit is dus uiters belangrik om die DMI so hoog as moontlik te hou. Deur goeie kripbestuur en seker te maak dat voer altyd vars bly kan ons verseker dat hierdie doelwit bereik word. Een rede vir die afname in DMI is die feit dat die fetus groei en baie plek opneem waar die rumen anders sou lê. Die ruvoer wat gebruik word moet voldoende vesel bevat om te verseker dat die kapasiteit in die rumen behou word en ook om te voorkom dat verplaaste abomasum voorkom.

  • Voorsien in voedingsbehoeftes:
Die voedingsbehoefte neem ook drasties toe tydens hierdie Opstoomfase. Die energiedigtheid moet verhoog word om te verseker dat die melkkoei wat vroeg in laktasie is nie ’n negatiewe energiebalans ontwikkel nie. Deur gebruik te maak van De Heus se PreLacto opstoommeel/-pille kan dit behaal word. Die PreLacto bevat ook anioniese soute wat die katioon-anioonbalans manipuleer om melkkoors grootliks te help voorkom. Die Opstoomfase moet nie langer as 3 weke duur nie. Die rede is dat die effek van die anioniese soute met tyd verswak. Dit sal ook die kolostrum gehalte verbeter wat gesonder en sterker kalwers tot gevolg het.
  • Aanpassing van Rumen:
Die laaste beperking wat daar is, is die aanpassing van die rumen. Gewoonlik kom die droë koeie uit die veld uit, waar hulle nie voeding gekry het nie. Selfs in ideale omstandighede waar ’n vêrlangsrantsoen gevoer is, is die verskil na die lakterende rantsoen dramaties. Die rumen is gewoond aan ruvoer en die rumenflora is aangepas daarvoor.

Deur gebruik te maak van die PreLacto plan begin die rumen aanpas vir kragvoer. Na kalwing, wanneer die melkkoei in die stal ingaan en verhoogde kragvoerpille begin kry, is sy aangepas by die rantsoenverandering en rumen mikrobes veranderinge het suksesvol geskied.

’n Belangrike aspek om te noem is dat jy nie 2 – 3 kg PreLacto kan gee voor kalwing en dan verwag dat sy 10 – 12 kg kragvoer in die stal moet kan hanteer nie. Dit is waar die Vroegvarsfase bepalend word. Probeer om die koei stelselmatig aan te pas by die verhoogde kragpeile deur ʼn goed geformuleerde rantsoen te voorsien.

‘n Suiwelprodusent van Kleinplaas, in die Groot-Brak omgewing het besluit om De Heus die geleentheid te gee om die  PreLacto konsep op sy diere toe te pas. Kleinplaas melk Jerseykoeie en die diere wat deel was van hierdie plan is gemonitor in die laktasie waar die melkproduksie elke dag waargeneem kon word. Die diere (kontrolegroep) wat nie die PreLacto konsep gevolg het nie en wat ook reeds in melk was kon vergelyk word met die diere wat wel die PreLacto konsep gevolg het.

Volgens Frikkie Kapp, plaasbestuurder by Kleinplaas, het hy ʼn afname in dae tot piek gesien. Dit kan toegeskryf word aan die beter aanpassing van die rumen. Hy het ook waargeneem dat sy koeie in beter kondisie was wanneer hulle kalf en hulle het ook hul kondisie beter behou wanneer hulle in laktasie gaan. Hy het ook ʼn verbetering in die algemene gesondheid van sy kalwers gesien wat ʼn gevolg is van die verbetering in die kwaliteit van die kolostrum.

Die laaste 2 - 3 weke van die Droë-periode is krities tot die sukses 
van die daaropvolgende laktasie.

Goeie bestuur gedurende hierdie tydperk sal verseker dat diere:

  • In korrekte kondisie is wanneer hulle kalf
  • Minder kalfprobleme het
  • Beter kwaliteit van kolostrum met die gevolglike verhoogde immuunstelsel by kalwers
  • Verbeterde melkproduksie in die daaropvolgende laktasie



 


 

 

Related articles