Tuisblad / Kontak / Perssentrum

Perssentrum

Vooruitgang is in ons gene

De Heus Suid-Afrika is deel van die Koninklike De Heus-groep; ʼn internasionale onderneming wat deur die De Heus-familie besit word. De Heus is meer as ʼn honderd jaar gelede gestig en het van ʼn eenmansaak ontwikkel tot ʼn wêreldwye onderneming wat tans sy plek onder die vyftien beste veevoer-vervaardigers wêreldwyd volstaan. Ons vervaardig tans meer as 4 miljoen ton veevoer in meer as 30 fabrieke en is aktief in 50 verskillende lande en ons het meer as 2 600 mense in diens, en tog is ons nog steeds ʼn familie-gerigte onderneming.

Deur die loop van al hierdie jare het ons unieke kennis oor die landbousektor opgebou. Kennis wat ons voortdurend inspan vir die ontwikkeling en produksie van unieke voedingskonsepte, produkte en dienste. Op dié manier is ons in staat om nasionaal en internasionaal aktief by te dra tot die ontwikkeling en vooruitgang van die landbou-sektor, ten einde die groeiende wêreldbevolking te voorsien met voldoende veilige voedsel.

Benewens die Nederlande en in Suid-Afrika het De Heus bedrywighede in meer as 50 lande, met fabrieke in Pole, Rusland, Tsjeggië, Egipte, Ethiopië, Brasilië, Viëtnam, Spanje, Portugal en Serwië. De Heus is ook aktief in die Chinese mark met 'n strategiese alliansie met Wellhope Agri-Tech Co Ltd. De Heus voer ook produkte uit na veral Oos-Europa, Afrika en die Midde-Ooste. Die maatskappy het meer as 4 200 werknemers regoor die wêreld. Die hoofkantoor is geleë in Ede, in die Nederlande.

Inligting

Besoek ons perssentrum en kyk na ons foto's, video's en ander interessante materiaal van De Heus