Tuisblad / Meer oor De Heus / Meer oor De Heus / Ons Pilare

Ons Pilare

Vyf pilare vorm die basis vir ons dienslewering aan ons kliënte. Vyf unieke eienskappe wat die sleutels is tot ons sukses en dié van ons kliënte. Wat ons uniek maak, is ons passie vir groei en samewerking as ʼn span. Al hierdie toegevoegde waardes is in ons gene en dit is wat ons is en wat ons wil wees: die dryfkrag vir vooruitgang.


Kwaliteit:

Ons krag lê in goeie kwaliteit. Die kwaliteit van ons voer, geproduseer onder streng kwaliteitbeheerde omstandighede en ons innovasies wat voortspruit uit die nuutste insigte in dierevoeding. Die kwaliteit van ons mense en ons diens is ewe belangrik, of dit nou die kwaliteit van ons voer, die produksie-proses,
of ons menings en innovasies op die gebied van voeding is. Honderd jaar se kennis en ondervinding en die strewe om elke dag beter te doen, is die grondslag vir hierdie kwaliteit. Ons kliënte sien dit in ons produkte en dienste. 

Opbrengs:

Ons kliënte wil die hoogste moontlike prestasies behaal met ons veevoer, maar elke besigheid is uniek. Ons het die unieke vermoë om ʼn spesifieke voerkonsep vir 'n individuele besigheidsituasie aan te pas en te help om voer effektief te omskep in diereproteïene. Met die kombinasie van globale kennis, ervaring en samewerking met wetenskaplike instellings, waarborg ons die beste voer wat geskik is vir jou situasie en sodoende verhoogde opbrengste verseker. 

Onafhanklike vennoot:

In teenstelling met ander groot voervervaardigers, is De Heus ʼn private, nie-geïntegreerde veevoervervaardiger. Ons is 'n onafhanklike maatskappy en elke boer is ewe belangrik vir ons. Ons wil net die beste hê vir ons kliënte: uitstekende produkte en eerlike, goeie raad. Ons filosofie is: as dit goed gaan met u, gaan dit goed met ons. Gesamentlike vooruitgang is daarom ons hoofdoel. 

Beter:

Ons wil graag elke dag verbeter. Dit is wat u van ons kan verwag. Dit is die houding van elke De Heus-werknemer – om altyd te reik na beter. Slegs wanneer ons die beste van onsself gee, kan ons verwag dat u beter resultate sal behaal. Ons sien saam met u daarna uit om u doelwitte te bereik.

Entrepreneurskap:

De Heus is 'n familie-besigheid. Ons werk reeds oor vier geslagte heen as
entrepreneurs vir entrepreneurs. Ons weet wat ons kliënte wil hê en wat werklik saak maak. Dit gaan oor harde werk, die voortdurende soek na nuwe geleenthede en die ontginning daarvan, maar dit gaan ook oor vasberadenheid en durf om te waag en die regte besluite te neem om voortdurend die kwaliteit van ons dierevoere en dienste te verbeter.