Visie
Vooruitgang deur doeltreffendheid en tegnologie
Landbou-aktiwiteite en voedselproduksie sal enorm toeneem as gevolg van die groeiende wêreldbevolking en toenemende styging in lewenstandaarde. Ons glo dat verbeterde beskikbaarheid van koste-effektiewe, volhoubare vervaardigde voedselprodukte noodsaaklik is vir wêreldwye groei en welvaart. Ons visie is om 'n vooraanstaande, wêreldwye verskaffer van hoë gehalte voedingsprodukte aan diere te verskaf om so die prestasies van ons kliënte, die produsente van vleis, melk, eiers en vis te ondersteun. Ons doelwit is om doeltreffendheid en tegnologiese vooruitgang met ons kliënte deur diepgaande kennis van dierevoeding en veeteelt te bewerkstellig.