Tuisblad / Sektore / Beeste / Droë koeie

Droë koeie

De Heus se droëkoeiplan bied 'n vier-fase benadering tot ʼn gesonder koei met probleem-vrye kalwing en 'n uitstekende begin tot die laktasietydperk. Die De Heus droëkoei-produkte is spesifiek gebalanseerd saamgestel en ontwikkel vir koeie se behoeftes volgens elke stadium van die droë fase. Daar word gefokus op potensiële probleemareas soos rumenaanpassing, voorkoming van ketose, melkkoors en ʼn negatiewe energiebalans. Die algemene gesondheid van die dier, beskutting, goeie higiëne, droëperiodebestuur en klimaatsinvloede is kritiese faktore vir sukses tydens hierdie fase. De Heus se tegniese adviseurs sal kliënte help om op bogenoemde areas te fokus en die korrekte produkte aanbeveel  vir elke stadium om sodoende die optimale begin van laktasie te bewerkstellig.