Tuisblad / Sektore / Ekstensiewe Herkouers / Skape

Skape

Kleinvee soos skape, bokke en angorabokke vorm 'n integrale deel van verskeie produksiestelsels in die Suid Afrikaanse landbousektor. Kleinvee maak ook gebruik van rumen bakterieë om weidings op onbewerkbare grond na vleis, wol en bokhaar, wat deur die mens benut kan word, om te skakel. Alhoewel kleinvee dieselfde rumenfunksie het as beeste, is daar beduidende verskille met betekking tot seleksievermoë en weipatrone (gras- vs blaarvreters), wat hul voedingsbehoeftes onderskei van dié van beeste. Die meeste kleinveestelslelsels wat toegepas word, neig ookom baie meer intensief te wees vir verhoogde produksie, wat die aanvullingsbehoeftes van kleinvee verder van dié van beeste onderskei. Wol- en haargroei in sommige spesies verg ook meer aanvulling van spesifieke nutriënte.

Om dit alles te kombineer het ons ‘n doelgerigte produkreeks wat redelik kompak, maar baie produksiespesifiek is. Ons is voortdurend besig om ons reeks te verbeter en uit te brei soos wat die mark groei om te voldoen aan die groeiende behoefte om besettingssyfers, speenpersentasie, speengewigte en winsgewendheid te verhoog.

Die keuse van aanvullings vir skape word bepaal deur die produksiestelsels wat gebruik word en die gehalte en hoeveelheid ruvoer wat beskikbaar is, sowel as die produksiestadium van die diere. Dit kan wissel van lae vlakke van aanvullings om spoorminerale, proteïene, of energie te voorsien, tot die voorsiening van volvoer in lamhokke en voerkrale.

Kontak ons tegniese adviseurs vir meer inligting.