Tuisblad / Sektore / Pluimvee / Braaikuikenteelouers

Braaikuikenteelouers

Daar is ʼn fyn balans wat ten opsigte van braaikuikenteelouers se genetika gehandhaaf moet word – die optimalisering van eierproduksie en die gelyktydige handhawing van die braaikuikens se groeipotensiaal. Ons braaikuikenteelouerrantsoene is ontwikkel om optimale eierproduksie te verkry en ook liggaamsgewig te beheer.

Ons plaas besondere klem op voersamestelling en grondstofgehalte ten einde die boer te help om die potensiële wins van sy boerdery te verwesenlik.

Ons fokus:

Die realisering van maksimale winste in u braaikuikenteelouerbedryf deur die optimalisering van:

  • die kuiken se groeipatroon tydens die grootmaak periode
  • die produksie van vrugbare eiers
  • vrugbaarheid en uitbroeivermoë

Ons hersien gereeld die vereistes aan die hand van nuwe inligting wat kommersiële teelmaatskappye beskikbaar stel, nuwe ontwikkelings in nutriëntnavorsing en tegnologie met betrekking tot die benutting van grondstowwe.

Verskillende soorte pluimveevoeding

De Heus bied pluimveevoer vir braaikuikens in produksie en afrondingsfase. Rantsoene spesifiek geformuleer vir hane is ook op aanvraag beskikbaar. Kontak ons pluimveespesialis vir meer inligting.