Tuisblad / Sektore / Varke / Teling

Teling

Deur middel van genetiese verbetering kan toenemend meer doeltreffende varkspesies geteel word. Hierdie rasse is maerder en vereis spesifieke verandering van proteïne- en energievlakke. Jong sôe moet in topkondisie wees om die beste produktiwiteit te verseker. Die basiese aanvangsaspekte hiervoor is die korrekte gewig, optimale spier- en rugvetdikte, ʼn sterk beenstruktuur en goed ontwikkelde voortplantingsorgane. Om sôe in topkondisie te hou vereis optimale bestuur saam met die verskaffing van gehaltevoer.