AgriBonus Kliënte-lojaliteitsprogram

01 November 2015

Hoe werk AgriBonus?

Soos met ander lojaliteitsprogramme, kan AgriBonuslede punte verdien deur aankope by ’n reeks diensvennote, almal markleiers op hulle gebied, te maak. Hierdie punte word outomaties deur die rekenaar verwerk soos en wanneer lede van die AgriBonus skema aankope maak. Hoe meer punte ’n AgriBonus lid verdien, des te hoër is sy status en hoe beter die voordele en toekennings waarvoor sy punte ingeruil kan word.

AgriBonus statusvlakke

AgriBonus het drie statusvlakke van brons na silwer en uiteindelik goud.  Hoe meer die lid gebruik maak van AgriBonus-vennote, hoe hoër sal sy/haar statusvlak wees en hoe groter die voordele.

 Brons status word verkry deur te registreer by die AgriBonus program, of met u eerste transaksie

  • Silwer status word verkry deur 60 of meer transaksies per kalenderjaar met AgriBonus-vennote te sluit, of sodra ʼn minimum van 100 000 AgriBonus punte per kalenderjaar verdien is
  • Goue status word verkry deur 100 of meer transaksies per kalenderjaar met AgriBonus-vennote te sluit, of sodra ʼn minimum van 160 000 AgriBonus punte per kalenderjaar verdien is

 AgriBonus toekennings

Die belangrikste en opwindendste gedeelte van die AgriBonus program is die inruil van AgriBonus punte. Om vir ʼn toekenning te kwalifiseer, moet die lid genoeg AgriBonus punte in sy of haar rekening hê. AgriBonus punte kan ingeruil word vir eksotiese toekennings of vir enige produk van die deelnemende AgriBonus-vennote.