Finansiële aspekte om te verseker jou suiwelbesigheid is vaartbelyn

01 May 2018

Die finansiële lewensvatbaarheid van elke suiweleenheid in Suid-Afrika kom elke dag onder meer druk. Dit lyk asof nuwe uitdagings in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf nooit vêr weg is nie en daar moet voortdurend planne gemaak word om nuwe uitdagings die hoof te bied. Daar is egter 5 belangrike bepalende aspekte om daagliks in gedagte te hou wanneer jy jou eie bedryf assesseer. Om 'n betroubare vennoot te hê tydens hierdie proses help om meer doeltreffend en gefokus te wees.

Marge bo voerkoste

Marge bo voerkoste is die term wat gebruik word om die kapitaal te beskryf wat oorgebly het nadat alle voerkoste van die bruto inkomste afgetrek is. Dit sluit ALLE voedingsbronne in, insluitende ruvoer, nie net kragvoer nie. Marge oor voerkoste gee 'n goeie aanduiding van jou besigheid se winsgewendheid. Dit word gewoonlik as R/koei/dag of R/koei/maand uitgedruk. Dit sluit ook nie vaste koste in nie, maar met die vaste koste wat per koei bereken word, kan jy dit maklik daarvan aftrek word. Marge bo voerkoste word beïnvloed deur twee belangrike faktore naamlik insetkoste (van voer) en inkomste. Die manipulering van hierdie twee faktore sal die algehele marge verbeter, maar dit is makliker gesê as gedaan.

Dit is moeilik om voerkoste te manipuleer aangesien 'n groot gedeelte nie deur die boer of die middelman beheer word nie. ’n Vermindering van voerkoste is ook nie noodwendig ideaal wanneer koeie gevoer word nie, aangesien daar 'n minimum vereiste ten opsigte van nutriënte vir ’n  koei is en ook omdat spesifieke produksievlakke behaal moet word.

Data van die laaste 16 seisoene wat ingesamel is via die De Heus Marge Monitor is daar geen duidelike aanduiding dat hoër voerkoste oor die algemeen hoër marge verseker nie, maar meer belangrik word die teendeel ook nie bewys dat laer voerkoste ‘n beter marge verseker nie, soos gesien kan word in Figuur 1.

Figuur 1 Die verhouding tussen voerkoste en marges

Dit is belangrik om na jou diere te kyk en deur op voerkoste te spaar en die diere minder te voer kan ander nadelige faktore hê as om net op marges te spaar. Daar is egter verskeie ander maniere om op voerkoste te bespaar. Groter eenhede (boerderye) kan soms meeding vir beter pryse wat hulle vir verskeie produkte betaal, insluitend vir konsentrate. Verbruikers kan vooraf produkte aankoop en pryse vasstel, byvoorbeeld deur die aankoop van lusern in die lente om sodoende voorraad op te bou vir die hele jaar. Die gebruik van die korrekte voer vir elke scenario het 'n groot impak. Die produksie van goeie gehalte ruvoer is altyd belangrik. Dit is goedkoper om jou eie ruvoer te produseer as om dit in te koop en as die gehalte daarvan goed is, verminder dit die koste wat nodig sou wees vir die aankoop van aanvullende kragvoere.

Vermorsing is waarskynlik die grootste aspek in die onkoste van voer wat nie in ag geneem word nie, en dit is 'n groot probleem in Suid-Afrika. Watter persentasie voer word gedurende berging, in die mengproses en in die voedingsproses vermors? As slegs 10% van die voer langs die voerbakke eindig en die gemiddelde voerkoste van 'n koei R50/koei/dag sal dit R5/koei/dag beloop. In 'n 300 koei kudde kan dit 'n verlies van R547 500,00 per jaar beloop.

Verhoogte inkomste het ook sy uitdagings en word dikwels deur iemand anders as die boer beheer. Die beginpunt is om die faktore aan te spreek wat beheer kan word. Inkomste kan verdeel word in twee basiese faktore; die hoeveelheid produk wat geproduseer word om te verkoop en die verkoopprys vir die genoemde produk. In die boere se geval is hierdie faktore melkproduksie en die melkprys. Verbetering van doeltreffendheid, voeding, genetika en bestuur is faktore wat daagliks aangespreek moet word om produksie en doeltreffendheid te verbeter. Verbetering van die melkprys is ook 'n moontlikheid vir die boer. Dit is egter belangrik om te verstaan waarvoor betaal word en watter faktore die individuele melkkoper beïnvloed. Die kwaliteit van melk kan tot 'n mate verbeter word deur goeie voeding en verbeterde bestuur kan ook help om ’n beter melkprys te verseker. Die grootte van die melkery het ook ’n invloed op die finale melkprys.

Doeltreffendheid van die rantsoen

Die doeltreffendheid van die rantsoen, ook bekend as voerdoeltreffendheid of voeromsettingsverhouding (VOV), is 'n uiters belangrike maatstaf in 'n melkkudde om te sien of produksie op standaard is of nie. In leketerme is dit die hoeveelheid (kg) vet- en proteïen-gekorrigeerde melk wat uit een kilogram droë-materiaalinname geproduseer is. Die gemiddelde syfer vir 'n kudde is gewoonlik tussen 1,10 en 1,20, maar by sommige kuddes is dit dikwels meer as die 1,50.

Alhoewel dit teoreties dalk anders is, kom dit in die praktyk neer op insette versus uitsette. Die verbetering van doeltreffendheid het hoofsaaklik te doen met bestuursaspekte en die verbetering van alle faktore wat koeie minder doeltreffend maak. Verbeterde doeltreffendheid van die spysverteringstelsel en alle faktore wat dit beïnvloed; soos verbeterde rumenfunksie, verbeterde gehalte van ruvoer, hittestres bestuur, behuising, bunkerbestuur, voedingsbeheer, loopafstand, kompetisie, vermorsing of enige ander faktor wat koeidoeltreffendheid kan beïnvloed is belangrik.

Die verbetering in die doeltreffendheid waarmee 'n koei 'n rantsoen verbruik is gewoonlik dubbeldoelig en kan lei tot verminderde inname of soortgelyke innames, maar met verbeterde produksie of dikwels albei. Met inagneming van die faktore wat marge bo voerkoste beïnvloed, is dit te verstane dat 'n meer doeltreffende rantsoen direk sal bydra tot verbeterde marges bo voerkoste en winsgewendheid. Dit word geïllustreer in Figuur 2 waar 16 seisoene se data van die Marge Monitor se saamgestel is om 'n tendens tot verbeterde marge aan te dui wanneer rantsoendoeltreffendheid verbeter word. Dit is 'n doeltreffende instrument om te bepaal waar aandag gegee moet word in die kudde.

Voerkoste as ’n persentasie van inkomste

Voerkoste as ’n persentasie van inkomste is ’n aanduiding van watter deel van u inkomste deur voerkoste verbruik word. Soos in Figuur 3 gesien kan word, korreleer dit indirek met marge en gee dit ’n aanduiding van die vermoë van die sake-eenheid om addisionele stressors of verhogings te absorbeer. Indien twee plase dieselfde marge het, sal die een wat ’n baie laer voerkoste as persentasie van inkomste gehad het, die vermoë hê om voerprysstygings beter te absorbeer. Dit sou ook 'n afname in die melkprys beter kan absorbeer as die plaas met dieselfde marge, maar 'n hoër voerkoste. Daar moet egter daarteen gewaak word dat 'n lae voerkoste as persentasie van inkomste nie bereik word omdat die koeie ondervoed word nie. Dit kan misleidend wees omdat koeie vir 'n rukkie laer voerinnames kan hanteer, maar ander faktore soos vrugbaarheid en gesondheid sal oor tyd probleme as gevolg van ondervoeding tot gevolg hê.



Figuur 3 Die korrelasie tussen voerkoste as persentasie van inkomste tot marge oor voerkoste

Gram per liter

G/ℓ is die hoeveelheid kragvoer wat benodig word om een liter vet- en proteïengekorrigeerde melk te produseer. Dit sluit alle ruvoer uit en sluit alle vorme van kragvoer in. Die g/ℓ maatstaf is nog 'n waardevolle maatstaf om die doeltreffendheid van 'n kudde te bepaal. Dit wys hoe doeltreffend die konsentraat (gewoonlik die duurste voedingsbron) in melkproduksie gebruik word. Dit kan foutiewelik aangeneem word dat dit indirek sal korreleer met die doeltreffendheid van die rantsoen en dit is ook so, maar die korrelasie is baie laag(r2 waarde), wat beteken dat dit hoegenaamd nie die enigste faktor is wat rantsoendoeltreffendheid beïnvloed nie en slegs een deel van die antwoord is. Alle antwoorde moet ek egter saam beskou word om die eindresultate te bepaal.



Figuur 4 Die effek van konsentraat voer per liter melk op rantsoendoeltreffendheid

NORMSTELLING

Wat die ontleding van die finansiële aspekte van ’n suiwelbesigheidseenheid betref, is verskeie parameters belangrik. Afhangende van die plaas of melkery kan vyf verskillende parameters relevant wees; een faktor bly egter onveranderd en dit is om te kan meet en vergelykings te kan maak. Dit is belangrik om ’n verhouding met 'n maatskappy te hê waar u inligting kan kry om vergelykings te maak (anoniem) en te kan leer om tussen verskillende sake-eenhede te onderskei, ten einde veranderinge in u eie stelsel te kan maak en groei te verseker. Die De Heus Marge Monitor Melk is so ’n voorbeeld om te bepaal watter areas van u besigheid u moet verbeter. Dit kan tot u voordeel gebruik word en alhoewel alle aspekte nie oornag vasgestel kan word nie, kan dit as vertrekpunt gebruik word om later sinvolle aanpassings te maak.

Om saam te vat moet verstaan word dat jy uiteindelik geld moet verdien uit jou besigheid. Wat ook al die aspekte is waarop jy fokus, maak seker dat hulle relevant is vir jou besigheid en help om die finansiële welstand van jou melkery te verbeter. Maak seker dat jy aksie neem ten opsigte van die aspekte waarop jy fokus in plaas daarvan om net kennis bymekaar te maak. Maak seker dat jou sakevennote op dieselfde aspekte konsentreer en verstaan wat vir jou belangrik is.