Kwaliteit voedingsadvies vir droë sôe

01 August 2014

Die bereiking van volhoubaarheid en goeie resultate in vrugbaarheid, 'n hoë oorlewingspersentasie by geboorte en goeie speenresultate is die doel waarna gestrewe moet word. Die beplanning van die sog se 'aftrede’ is ook 'n belangrike faktor vir die boer, aangesien vervanging op die regte tyd moet plaasvind.

Selfs met goeie beplanning is daar soms teleurstellings van individuele diere wat nie optimale kondisie tydens dragtigheid bereik het nie. De Heus glo dat kwaliteit voedingsadvies kan help om hierdie faktore te verbeter deur goeie ontleding en ʼn oorsig van die sôe se kondisie gedurende die verskillende stadiums waarin hulle verkeer.

Die belangrikste punte in die oorsig is:

  • die toestand van die sog voor en na sy in die kraamkraal was
  • is die sog se uier genoegsaam ontwikkel op die regte tyd met jonging
  • verlies van rugvet gedurende laktasie
  • herstel van kondisie binne vyf weke na swangerskap

Meting van rugvet

Ten einde die toestand van die sôe vas te stel, is dit nodig om die rugvet te meet. Hiervoor kan ook ʼn P2-toetstoestel gebruik word om die liggaamsvet akkuraat te meet. Sommige van die diere sal individuele aandag nodig hê ten einde die verskille tussen die sôe so vêr as moontlik te minimaliseer. Die optimale kondisiepunt word bevestig met die genetiese verskaffer en 'n strategiese voedingsplan kan vir die dier geïmplementeer word.
 
In die meeste gevalle is dit op plase makliker om net drie kategorieë van sôe wat uit speenhuise kom, te hê. Voeding word gegee volgens die volgende kondisies: dun, vet of normaal. Kleurkodes werk goed op die rug van die sog, sowel as merkers op die verskillende hokke waar van die sôe spesifieke behoeftes het. Wanneer met die hand gevoed word, kan bekers van verskillende kleure gebruik word.

Die faktore wat 'n vark se energievereistes beïnvloed is grootte, temperatuur, groeitempo en vet, voortplanting en aktiwiteit. As gevolg van die koste van energie (voer) is dit baie belangrik dat slegs die vereiste hoeveelhede aan elke individuele vark (dier) gevoer word. "Doeltreffende voeding" word dan die sleutelpraktyk en moet gemonitor en bestuur word. Die mengsel van kwaliteit grondstowwe in 'n rantsoen en advies oor hoe om dit korrek te voer en aan te pas, sal help dat diere optimaal gevoed word en genetiese potensiaal van teeldiere bereik kan word.

Ten slotte glo ons dat die bereiking van optimale toestande vir die teel van diere van uiterse belang is en dit word dikwels direk aan die produksieresultate gekoppel. Voedingaanpassing kan enige tyd gedoen word om binne strategiese doelwitte te bly. Ons kan jou help om hierdie strategieë op ʼn praktiese manier op jou plaas te implementeer.