Rumi Produkte

24 February 2014

Die oorgrootte meerderheid van landbougrond in SA is lae potensiaal onbewerkbare grond. Die enigste haalbare inkomste daarop is wanneer herkouers (skape, beeste, bokke) die lae kwaliteit weiding bewei en omskakel in diere proteïen.

Hierdie proses van omskakeling word moontlik gemaak deur die rumen (grootpens) wat amper soos ʼn fermentasietenk funksioneer, waarbinne miljoene rumenmikrobes voorkom wat hierdie vesel afbraak moontlik maak, en die voedingstowwe daarin ontsluit, wat die dier dan kan gebruik om diere proteïen te vervaardig. Onder kommersiële omstandighede is weiding egter onvoldoende om volgehoue produksie te ondersteun as gevolg van seisoenaliteit en spesifieke voedingstekorte onder verskillende omstandighede.

Dit is waar die gebruik van lekke en aanvullings inkom om produksie te optimaliseer en winsgewendheid te verhoog. Die Rumi-reeks aanvullingsprodukte van De Heus spesialiseer daarin om die rumenomgewing te manipuleer en aan te vul, om sodoende diereprestasie op ʼn verskeidenheid van variërende ruvoer en weidings maksimaal en winsgewend te laat geskied. Dit word bereik deur ons wêreldwye kennis van grondstowwe, en die spesifieke benutting daarvan in die rumen omgewing, te kombineer met praktiese ondervinding van Suid-Afrikaanse ekstensiewe boerderypraktyke.

RumiLick

Die RumiLick-reeks van produkte is geformuleer om die volgende uitkomste te lewer onder ekstensiewe omstandighede:

  • Verhoog die populasie grootte van spesifieke rumenbakterië vir spesifieke verteringsvereistes
  • Verhoog die verteerbaarheid van enige ruvoer bron deur ʼn vergrote rumenbakterie populasie
  • Verhoog die vrywillige inname van weiding deur ʼn verbeterde vloeitempo van die rumen inhoud
  • Vul spesifieke tekorte aan wat varieer van proteïen, energie, minerale en spoorminerale
  • Balanseer alle betrokke nutriënte om maksimum produksie teen minimum insette te lewer
  • Beperk verliese aan energie deur metaangasproduksie onder sekere omstandighede
  • Verhoog reproduksie deur kondisie bestuur, verhoogde ovulasietempo, melkproduksie en eiervorming

RumiGrow

Die voerkraal-produkte in die RumiGrow reeks is saamgestel met die kennis wat rumen gesondheid bevorder ten einde maksimale groei te bereik. Die reeks fokus daarop om plaasgeproduseerde grondstowwe soos grane, ander kontantgewasse, en ruvoere maksimaal te benut, met die gebruik van konsentrate.

RumiComplete

Die RumiComplete reeks produkte bevat volledig gebalanseerde voer- en oorlewingsprodukte vir geen beweiding stelsels en tye van droogte of ruvoer skaarste. Die produkte kan aangewend word in volvoer situasies soos voerkrale, lamhokke, en in droogte toestande.

Die Rumi-reeks produkte, bied ekstensiewe boere, alle moontlike opsies in ʼn kompakte reeks wat varieer vanaf konsentrate tot volvoere gefokus op winsgewendheid.