Sukses met skaapprodukte

01 May 2017

Gedurende die afgelope lamseisoen het Miles die skape De Heus se RumiLick Ewe Booster gevoer vir ’n maand voor lamtyd, teen 200 g/dag. Daarna is die voerinname verhoog na 300 g/dag met lamtyd en is hiermee volgehou tot speentyd. Die lammers is vanaf 'n vroeë ouderdom kruipvoer gevoer. Na die afgelope seisoen het die ooie 'n konsepsie van 98% gehad.

Die ooie lam vanaf laat Maart en April op weidings. Die lammers word gespeen wanneer die oudste lammers twee 2 maande oud is en ongeveer 30 kg weeg. Al die hamels en slagooie word direk na speen in die voerkraal afgerond. Hulle word almal met Lacticon S gedoseer met toetrede tot die voerkraal. Die lammers is ʼn rantsoen van 80% mielies en 20% De Heus RumiComplete® FLC 200 gevoer.

Eregrostis hooi was ten alle tye beskikbaar. Omdat die lammers vanaf ‘n jong ouderdom op ’n kruipvoer was, het hulle maklik aangepas op die voerkraalrantsoen. Teen die tyd dat die lammers vyf maande oud was, is almal verkoop. Die lammers is uitgeslag teen ‘n gemiddelde gewig van 45 kg en was almal A2- of A3 graderings. Uitslagpersentasie was ongeveer 48%.

Miles verkies om sy lammers direk na die voerkraal te stuur na speen omdat hy dan van die begin af 'n goeie sterk dier het om te laat uitgroei. Omdat die ooie op weiding loop tydens en na lamtyd is verliese aan lammers wat deur jakkalse gevang word tot ’n minimum beperk. Hy neem die lammers vroeg van die ma's af weg en ook van die plaas af. Dit beteken 'n vinnige opbrengs op sy belegging en stel hom in staat om die ooie vroeër terug te plaas in ’n goedkoop voedingsstelsel. Die prys vir vet lammers is hierdie tyd van die jaar ook baie goed.

Tydens die 2016 Swartberg Boerevereniging se Vetveeveiling het Miles die 'Beste Lam op Skou', die 'Kampioen' en 'Reserwe Kampioen Lam op die skou’ gewen, asook die ‘Beste hok van 4 lammers’. Alle hierdie diere is met De Heus se RumiComplete® FLC 200 en mielies gevoer.

"Ek is baie tevrede met die resultate wat ek in die voerkraal met RumiComplete® FLC 200 en mielies kry. Daar is feitlik geen vermorsing van voer met hierdie rantsoen nie. Dit meng ook baie maklik in my vertikale menger" sê Miles.

Die ooie is in ’n baie goeie toestand na die lamseisoen noudat hulle met De Heus se RumiLick® Ewe Booster gevoer is. Die gebruik van De Heus se skaapprodukte het beslis ‘n verskil gemaak in die winsgewendheid in hierdie onderneming.