Uitdagings van die hedendaagse lê-hen

01 September 2016

Eierdopgehalte het 'n direkte invloed op die aantal bemarkbare eiers en in 'n mindere mate, beïnvloed die eiergewig die ekonomie van eierproduksie. Interne eierkwaliteit is belangrik vir die verbruiker en hierdie kwaliteite versleg dikwels soos die henne ouer word. Dit bring ook verskeie gesondheids- en welsynsuitdagings soos osteoporose en voortplanting siektes teweeg. Om hierdie uitdagings die hoof te bied moet daar gefokus word op verbeterde bestuur van die henne en voeding wat fokus op die bereiking van die korrekte liggaamsgewig en liggaamssamestelling by seksuele volwassenheid. Die verskaffing van die korrekte balans van voedingstowwe regdeur die lewenssiklus van die henne is wat nodig is om hierdie nuwe uitdagings te bereik.

Jonghenvoeding

Die manier hoe die henne gevoer word tydens die grootmaakperiode beïnvloed die groeikurwe en vandaar die lewendige gewig en liggaamssamestelling tot op die punt van lê. Die doelwit is om die volwasse gewig te bereik voordat eierproduksie begin. Henne met 'n lae liggaamsmassa het nie die reserwes en stamina om suksesvol te funksioneer as 'n lêhenne nie. 'n Gedeelte van die voedingstowwe sal dan gebruik word om groei te voltooi, eerder as om eiervorming te bewerkstellig, wat die totale aantal eiers wat sy sal produseer sal vermindering. Daar is 'n verhouding tussen die aanvanklike gewig van die hen en die totale hoeveelheid eiers gedurende die hele tydperk. Daar is ook 'n korrelasie tussen eiergrootte en die aanvanklike gewig met 'n styging van 0,7 g per 100 g gewigstoename in lewende gewig.

Die groeikurwe van die jonghen is belangrik. Gedurende die eerste 11 weke is die klem op spiergroei, vetneerlegging in die spiere en skeletgroei. Om voerinname en die groei van die jong henne gedurende die eerste ses weke te stimuleer, word aanbeveel dat krummels of pille gevoer word. ‘n Goeie gehalte meel kan daarna gevoer word. Vanaf 11 weke ouderdom deur die ontwikkeling van seksuele volwassenheid, word proteïen neerlegging hoofsaaklik gebruik vir aan die ontwikkeling van die voortplantingsorgane en vind vetneerlegging grootliks in die abdominale gedeelte plaas. Vanaf 16 weke tot met die punt van lê moet voerinname aangemoedig word. Dit kan gedoen word deur die voeding van growwe of heel graan en/of onoplosbare vesel wat help met die ontwikkeling van die boonste spysverteringskanaal. Die voer moet smaaklik en altyd beskikbaar wees aangesien die medullêre been reserwes nou gevorm word asook die eierstokke en eierleiers ontwikkel.

Lêhenvoeding

Die hoë produktiwiteit van die moderne lêhen word grootliks bereik deur die seleksie van verhoogde toename in die volhoubaarheid van eierproduksie. Korrekte voeding beperk die toename in eiergewig met verhoogde ouderdom en verbeter eierdopgehalte. Die eerste uitdaging tydens die eerste fase van die lêproses is om die energie- en proteïenbehoeftes aan te pas om eierproduksie te optimaliseer en om die liggaamsgewig te beheer. Die vereiste vir groei is slegs teenwoordig vir die eerste paar weke by die aanvang van eierproduksie. Daarna sal die energie wat nodig is vir die instandhouding afhang van die liggaamsgewig en veerbedekking en sal met ouderdom toeneem. Dit maak voorsiening vir 'n hoër energie dieet gedurende hierdie tydperk wat die ontwikkeling van swaarder eiers aanmoedig sonder om oortollige vetneerlegging te veroorsaak. Sodra eierproduksie genormaliseer het en groei gestop het, sal die energievereiste verminder en 'n laer energiedieet kan geïmplementeer word om vetneerlegging te verminder.

Eierkwaliteit

Hoewel dit voorkom asof eiergewig nie 'n belangrike faktor is by eierkwaliteit nie speel dit tog ‘n groot rol in die kwaliteit van die eiers. Oor die algemeen sal eiergewig toeneem soos die henne ouer word en dit het negatiewe gevolge om haar produktiewe lewe te verleng. Soos die eiergewig verhoog, verminder die dikte van die eierdoppe en breek dit maklike. Dit verminder weer die aantal bemarkbare eiers. Daar blyk ook 'n korrelasie te wees tussen die kleur van die dop en 'n toename in eiergrootte met groter eiers wat ligter in kleur is. Eiergewig kan ook verhoog word deur diëte met 'n hoër proteïen tot energie verhouding . Dit is belangrik om hierdie verhouding relatief tot die werklike eiergewig aan te pas om produksie te optimaliseer. Versuim om dit te doen kan lei tot verhoogde eiergewig en verwagte  volhoubare lêpersentasie sal nie bereik word nie.

Tipe voer

Henne het 'n voorkeur vir 'n growwer voer. Dit is 'n probleem wanneer daar 'n groot variasie in die grootte van die voerpartikels is, maar dit is nie die geval wanneer die voer is meer homogeen is nie. Ongeag die eenvormigheid van die voerpartikels verdwyn die kleiner deeltjies stadiger uit die voerlyne. Hierdie kleiner deeltjies bevat gewoonlik die mikrovoedingstowwe soos vitamiene, minerale en aminosure wat  op die bodem van die voerlyne versamel. Die toevoeging van klein hoeveelhede vet kan die probleem verminder deur die kleiner deeltjies aanmekaar te laat vassit. Dit word aanbeveel dat die voerlyne elke dag vir 'n tydperk gestop word om die henne te dwing om 'skoon te maak' en hierdie fyn partikels op te eet. As dit nie gedoen word nie, kan dit 'n invloed hê op die voeding van die henne en die langtermyn volhoubaarheid van eierproduksie.

Eierdoppe

Lêhenne ly dikwels aan beenfrakture (bene, vlerke) of deformiteite (kiel) wat veroorsaak word deur osteoporose wat dit een van die grootste gesondheidsuitdagings in die eierindustrie maak. Henne het twee soorte been: strukturele been wat die sterkte van die been verseker en medullêre been wat 'n storingsarea van been is en vir dopvorming onttrek word wanneer nodig. Osteoporose of verlies aan strukturele been bring verswakking van die skelet mee gedurende die lêtydperk en is 'n groot bydraer tot die hoë voorkoms van beenfrakture in lêhenne. Die kwessie van beensterkte en beenbreuke en die eiergehalte is direk gekorreleer met mekaar en voeding speel ‘n belangrike rol om die balans te handhaaf. Osteoporose kom voor wanneer die hen minerale begin onttrek uit die strukturele been wat nie maklik vervang kan word nie. Dit word veroorsaak deur nie voldoende kalsium in die dieet in te sluit nie tydens die grootmaak en lêtydperk en dit het 'n nadelige uitwerking op die dopkwaliteit. ‘n Lêhen benodig gemiddeld 2,2 g kalsium in haar dieet om 'n eier te produseer. Sowat twee derdes word deur die dieet verskaf en die oorblywende derde kom uit haar medullêre beenreserwes.

Na ovulasie begin eiervorming begin met die vorming van die eiergeel en albumien, wat proteïen- en energieneerlegging vroegoggend laat gebeur. Hierdie vereiste val saam met die piek-voerverbruiktydperk. Dopvorming begin in die laatmiddag tot die vroeë oggendure. Gedurende hierdie tyd is voerinname minimaal en die kalsiumvereiste is afhanklik van vroeëre kalsiumabsorpsie uit die voer en op kalsium vrygestel uit die medullêre beenreserwes.

Bestuurspraktyke vereis dat henne ongeveer 16 ure lig per dag het. Ligte is nie tydens die nag aan nie en gevolglik is daar min of geen voerinname gedurende hierdie tydperk wat ‘n beperking plaas op die hoeveelheid kalsium wat beskikbaar is vir dopvorming. Om dit te voorkom, moet growwe voerkalk of skulpgruis by die voer gemeng word. Voerkalk word stadig verteer en is 'n goeie bron van kalsium gedurende hierdie piektyd vir die aanvraag van verhoogde kalsium. Die kalsiuminhoud van die dieet moet bereken word op grond van eiergewig en die voerinname van die henne om dopkwaliteit te optimaliseer.

Voortplantingskanaal en verwante siektes

Met die verhoogde volhoubaarheid van produksie moet die gesondheid van die henne regdeur die produksietydperk volhou word. ‘n Rede om 'n huis uit te slag se oorsaak is gewoonlik die afname in eierproduksie, gekombineer met 'n verswakking in die kwaliteit van die eierdoppe. Die langtermyn onderhouding van die gesonde weefsel en organe wat betrokke is by die vervaardiging van eiers is nodig om die totale lewende siklus van kommersiële lê-henne te verleng. Siektetoestande by lê-henne en bydraende omgewingsstres sal 'n uitwerking hê op eiervorming en op die vermoë van die henne om volhoubaar eiers te lê.

Opsomming

Alhoewel daar 'n aantal uitdagings is om die genetiese potensiaal en volhoubaarheid van moderne lêhenne te optimaliseer, is dit nie onmoontlik om dit te bereik nie. Dit is noodsaaklik om te verstaan ​​dat die voedingswaarde en die omgewingsvereistes verander het, en dit vereis 'n ander benadering tot die voeding en bestuur van die moderne lêhen, om die uitdagings van volhoubare produksie te verseker.


Verwysings is op aanvraag beskikbaar by die skrywer.