Verbeterde resultate met kleinvarkiekruipvoeding

24 February 2014

Een van die aspekte wat op die manier deur varkboere oorweeg moet word, is die verskaffing van kruipvoeding en die versorging van klein varkies. Die onderstaande vrae en antwoorde is belangrik wanneer besluite geneem moet word oor wat, wanneer en hoe om hoë digtheid rantsoene vir klein varkies te benut:

Waarom moet kruipvoeding aan klein varkies voorsien word?

  • Voorspeen groei en sorg is ’n belangrike bepaler van naspeen-prestasie
  • ’n Verhoging van die beskikbaarheid van voedingstowwe is noodsaaklik vir kleiner varkies wat nie kan meeding by die uier nie
  • Hoër innames van vaste voedsel verhoog intestinale funksie later in die diere se lewens, wat noodsaaklik is vir hulle gesondheid
  • Hoër voorspeen kruipvoedingsinname lei tot hoër inname en groei in die eerste week na spening

Wat ’n kruipvoeding nie doen nie

  • Dit affekteer nie die totale en daaglikse voerinname van lakterende sôe nie
  • Dit affekteer nie ’n lakterende sog se prestasie nie
  • Dit genees nie alle bakteriële infeksies sonder die toediening van bykomende medikasie nie

Wat word van ’n goeie kruipvoeding verwag?

  • Wat word van ’n goeie kruipvoeding verwag? 
  • Moet hoë nutriënt digtheid hê
  • Voedingstowwe daarin moet uiters verteerbaar wees
  • Ten opsigte van tekstuur, reuk en smaak moet dit klein varkies aanlok
  • Moet minimum voervermorsing hê as gevolg van goeie struktuur
  • Stimulering van hoër voer inname

Hoeveel kruipvoeding kan na verwagting tydens, voor- en naspening gevoer word?

  • Goeie genetika en gesonde sôe in ’n goeie kondisie verseker ’n goeie nageslag 
  • Hoër geboortemassa lei tot hoër speenmassa 
  • Verseker dat varkies onmiddellik na geboorte kolostrum drink, hou pasgebore varkies droog en warm 
  • Moenie varkies onnodig skuif tussen werpsels nie 
  • Verseker dat al die sog se spene na kraming funksioneer, veral by sôe wat hul eerste werpsel het
  • Voer klein hoeveelhede kruipvoer meer gereeld per dag, vanaf dag tien 
  • Laat varkies so gou en dikwels as moontlik soliede, gesonde, digte voer eet, omdat goeie voerinname lei tot goeie groei