Tuisblad / Sektore / Beeste

Beeste

De Heus produseer 'n wye verskeidenheid veevoere en verskaf ‘n wye reeks dienste aan suiwelkuddes.

Ons fokus

Die omstandighede op elke plaas verskil met betrekking tot ruvoerproduksie en kwaliteit, plaasgrootte, arbeidsvereistes, graad van outomatisering en vele ander kort- en lang termyn behoeftes.

Met melkboerdery, soos met enige ander besigheid, is winsgewendheid van kardinale belang. Hoe beter die diere gevoer word, hoe beter is die winsmarge. Die beste resultate op ʼn melkplaas word bereik deur ʼn geïntegreerde benadering. De Heus se suiwelprodukte word voortdurend aangepas vir Suid-Afrikaanse omstandighede en toestande, en het dié voordeel dat ons tegniese adviseurs kundigheid aan die kliënte deurgee wat internasionaal en plaaslik in laboratoriums en op proefplase getoets is.

Tegniese advies

Ons tegniese adviseurs is pro-aktief, het 'n entrepreneursperspektief en help graag met raad vir verbeterings sodat jy hoër opbrengste kan behaal. Hierdie motivering en ons geïntegreerde benadering ten opsigte van die gee van raad, produsering van gehalteprodukte en ‘n verskeidenheid  van praktiese konsepte, stel ons in staat om die korrekte advies te gee en te help sodat jy die beste resultate in jou bedryf kan behaal.

Sektor nuus

Kennisbank artikels