Tuisblad / Sektore / Pluimvee / Braaikuikens

Braaikuikens

Ten einde optimale resultate met u braaikuikens te verkry is dit noodsaaklik om die belangrikste vereistes na te kom. Die nutriëntbehoeftes word bepaal deur die omgewing (temperatuur, humiditeit en daglengte), die toestand van die kuikens (genetika, ouderdom en gesondheid  asook die bestuursaspekte (hokke, voerstelsels en inentingsprogramme). U teikenmark sal die mees geskikte voerreeks en voerprogram vir u boerdery bepaal.

Ons braaikuikenprodukreekse word vir die aanvangsperiode as krummels en vir die groei- en afrondperiode as pille geproduseer, ten einde die beste resultate te behaal. Koksidiostat en groeipromotors word as standaard ingesluit by ons braaikuikenprodukreekse.

Ons fokus:

Die realisering van maksimale winste in u braaikuikenbedryf deur die optimalisering van:

  • die braaikuiken se groeiproses
  • voerkoste per kg groei

Ons hersien gereeld ons vereistes aan die hand van nuwe inligting wat kommersiële teelmaatskappye beskikbaar stel, nuwe ontwikkelings in nutriëntnavorsing, en tegnologie met betrekking tot die benutting van grondstowwe.

Vyf- en driefase voedingsprogramme

De Heus bied vyf-fase voedingsprogramme aan (Excel en Extreme), bestaande uit aanvangs-, voorgroei-, groei-, afrondings- en na-afrondingsvoer, asook drie-fase programme (Siyakhula and Express) wat bestaan uit aanvangs-, groei- en afrondingsvoere en 'n instandhoudingsvoer vir braaikuikens. Kontak ons pluimveespesialis vir meer inligting.