Tuisblad / Sektore / Pluimvee / Lêhenne

Lêhenne

Lêhenne in produksie word ad lib. gevoer (d.w.s. hulle het vrye toegang tot voer); hulle pas hul voerinname volgens hul nutriëntbehoeftes aan. De Heus het ʼn reeks produksievoere met verskillende nutriëntkonsenstrasies om te verseker dat die beste ekonomiese voerkeuse vir ʼn gegewe stadium van die lêhenne se produksiesiklus gemaak word.

Ons plaas besondere klem op voersamestelling en grondstofgehalte ten einde die boer te help om die potensiële wins van sy boerdery te verwesenlik.

Ons fokus:

Die realisering van maksimale winste in u kommersiële lêhenbedryf deur die optimalisering van:

  • die hoeveelheid eiers wat geproduseer word
  • eierdopgehalte
  • eierdooierkleur
  • eiergrootte
  • voerkoste per dosyn eiers geproduseer
Ons hersien gereeld die vereistes aan die hand van nuwe inligting wat kommersiële teelmaatskappye beskikbaar stel, nuwe ontwikkelings in nutriëntnavorsing en tegnologie met betrekking tot die benutting van grondstowwe.

Beskikbare produkte

De Heus het pluimveevoer ontwikkel vir lêhenne in produksie, voer vir hoenders in hoenderhokke en konsentrate vir gebruik met beskikbare mielies. Kontak ons pluimveespesialis vir meer inligting.