Tuisblad / Sektore / Pluimvee / Volstruis

Volstruis

Ons benadering tot volstruisvoeding is om optimale produksie te verseker. Die reeks is wetenskaplik geformuleer volgens die jongste navorsing. Ons doel is om die voëls te voed volgens hul genetiese potensiaal terwyl ons poog om nie onder- of oorvoeding van enige voedingstowwe te voer nie.

Die voer vir kuikens is beskikbaar in die vorm van krummels of korrels en vir die groter voëls is die voer slegs beskikbaar in korrelvorm. Ons skenk spesifiek aandag aan watter grondstowwe in die voer ingemeng word, asook die kwaliteit van rou-materiale. Deur die kombinasie van ons kundigheid en kennis van praktiese toepassings is ons trots daarop om ʼn pad te stap met elke kliënt om hulle te help om hulle eie ondernemings tot ʼn hoër vlak te neem.