
Waarom lei volop weiding tot swak veeprestasie?
- Kwantiteit is nie kwaliteit nie, hoewel weiding volop is, het dit dikwels laer voedingswaarde.
- Weidings bereik vinniger volwassenheid, skiet saad en kanaliseer voedingstowwe na die plantwortels vir oorlewing.
- Die weiding raak dan vinniger “stokkerig” en minder sappig.
- Verteerbaarheid van weiding neem af.
- Algehele nutriënt beskikbaar aan die dier verminder, ten spyte van baie kos.
- Ons moet onderskei tussen “gutfill” en nutriënte. Diere se mae mag vol lyk, maar hulle ontvang nie noodwendig voldoende noodsaaklike voedingstowwe nie.
Hiermee saam gebeur ook die volgende;
- Kleinvee sukkel om genoeg inname te kry in uitgegroeide weiding, en vermaer tussen lang gras.
- Die parasietlading verhoog, dit plaas diere se immuunstelsels onder druk en vererger voedingstekorte.
- Vogtige toestande vererger hoefprobleme, wat diere se beweeglikheid en vreetpatrone negatief beïnvloed.
- Muskiete, muggies en vlieë neem toe en verhoog die risiko vir siektes.
Teen begin Februarie was bykans alle weidings oor groot dele van Suid-Afrika reeds in saad. Diere se kondisies begin sowat 30 dae daarna daal. Om diere kondisie te handhaaf en volgehoue immuniteit en reproduksie te verseker, moet die volgende gebeur;
Die foto onder verteenwoordig die veld kondisie op die hoëveld in Februarie. Meeste gras het reeds saad geskiet.
Die rumen mikrobes moet “bestuur word” om te vermeerder sodat;
- Die verteringstempo van veldweiding te verhoog.
- Meer energie in die vorm van vlugtige vetsure beskikbaar te stel.
- Meer mikrobiese proteïen (“verbyvloeiproteïn”) vanaf rumen mikrobes.
Hierdie verbeteringe lei tot:
- Die beskikbare volop weiding beter te benut.
- Die diere se kondisie vir langer te handhaaf.
- Diere gesondheid en reproduksie op ʼn optimum vlak te handhaaf.
Hoe bereik ons die doel?:
- Fokus eerstens op effektiewe bestuur van die rumen, eerder as om nutriënt tekorte aan te vul.
- Gebruik ’n rumenstimulerende aanvulling wat volgens die SFOS-stelsel geformuleer is om optimale rumenfunksie oor tyd te verseker.
- Deur hierdie aanvulling vroeër as normaal te begin (1 Maart) alvorens die diere te veel kondisie verloor.
- Indien jou weiding reeds in saad is, kan jy gerus daarmee begin om die voordele te geniet.
SFOS-geformuleerde produkte vir optimale rumenfunksie
De Heus voere formuleer volgens SFOS om optimale rumenfunksie te behaal. SFOS geformuleerde produkte is onder andere;
Onderhoudslekke: |
Produksielekke |
RumiLick Pro 40 - V24943 |
RumiLick Accelerator - V24940 |
RumiLick Pro 45 + P - V24941 |
RumiLick Fleece Booster – V28650 |
RumiLick Bovine 50 - V28649 |
RumiLick Production - V24935 |
RumiLick Rainfos P9 - V24939 |
RumiLick Ewe Booster - V24947 en vele meer |
Kontak gerus ons Tegniese Adviseurs vir hulp en advies oor hoe om 'n goeie reënjaar doeltreffend te bestuur: https://www.deheus.co.za/meet-our-team.