Mieliepitmorfologie:
Perikarp (Saadhuid/ Bran):
• Bied beskerming aan ontwikkelende endosperm en embrio.
• Bestaan uit sellulose, hemisellulose en lignien met swak biologiese beskikbaarheid.
Kiem (Germ):
• 12-15% van die pit.
• Ryk aan oplosbare koolhidrate, proteïen, olie, en sommige hormone, maar het nie stysel nie.
• Dien as die embrio se voedingsorgaan.
Endosperm:
• Grootste komponent van mieliepit.
• Ongeveer 80% van totale gewig.
• Bevat voedingstofryke selle wat geaktiveer word om groei te ondersteun wanneer ontkieming begin.
• Koolhidrate (in die vorm van stysel) maak meeste van hierdie voedingstowwe uit.
Prosessering:
Voerkoste is een van die hoof faktore wat produksiekoste in voerkrale beïnvloed. Enige verbetering in voer benutting, sal lei tot ’n verlaging in voerkoste. Fisiese prosessering het ten doel om die partikelgrootte van roumateriale te verklein om ’n groter oppervlak aan die rumenmikroörganismes (RMO) bloot te stel, om voedingskomponente makliker af te breek en sodoende die doeltreffendheid van die dier te verbeter.
Maal is een van die oudste en eenvoudigste, maar baie effektiewe, voerverwerkingstegnieke. Die doel van maal is om partikelgrootte te verminder wat lei tot die verandering van grondstof kenmerke en spesifiek ’n toename in oppervlakte, wat meer doeltreffende voedingstofvertering tot gevolg het. Verder verhoog dit ook die mengvermoë van roumateriale om ’n meer gehomogeniseerde voer te produseer, verminder skeiding of sortering en fasiliteer verdere verwerking.
Vergelyking van Hamer en Roller Meule
Hamermeule Rollermeule:
Werk volgens beginsel van die vasvang van roumateri- ale wat stadig beweeg met vinnig bewegende hamers om sodoende groot partikels in kleiner dele te breek wat deur ‘n spesifieke grootte sif sal pas.
Die sifgrootte bepaal die grootte van partikels wat deur- beweeg en partikels wat nie die gewenste grootte is nie word voortaan deur die hamers geslaan totdat dit deur die sif pas.
Produkte geproduseer deur hamermeul:
• Normaalweg balvormig met ’n gladde oppervlak.
• Kan wissel in partikelgrootte, wat vir ons die voor- deel van variasie in verteringstempo inhou.
Rolmeule:
Word gebruik om mielies in meel in te maal, die konsep berus op silindriese rollers wat roteer om pit te kraak, skeur en maal in verlangde partikelgrootte in.
Produkte geproduseer deur rollermeul:
• Lewer ’n meer eenvormige partikelgrootte, met skerp hoekige partikels.
• Die voordele van rollermeulens is dat daar minder maalverliese is en dat dit ook meer elektrisiteit doeltreffend is.
Heel versus Gemaalde Mielies:
Teoreties:
Heel mielies is die mins verwerkte vorm en het 'n laer styselverteerbaarheid teenoor gemaalde mielies. As gevolg van sy ongeskonde struktuur beweeg meer stysel deur die spysverteringstelsel sonder om ten volle benut te word, wat lei tot 'n 39% hoër fekale styseluitskeiding in vergelyking met verwerkte mielies. Die totale vertering van organiese materiaal, stysel en stikstof is ook laer, wat lei tot verminderde energiedoeltreffendheid van die dier. Die risiko vir asidose in diere wat heel mielies gevoer word is wel laer, omdat die voer van heel mielies ʼn veel hoër pH handhaaf, as gevolg van laer styselbenutting. Alhoewel dit voordelig vir rumen gesondheid kan wees, is die algehele voedingstof beskikbaarheid en groeiprestasie van beeste wat heel mielies gevoer word, laer as dié wat gemaalde mielies gevoer is. Hierdie ondoeltreffendheid word selfs meer uitgesproke wanneer voerinname beperk word, aangesien die verteerbaarheid en energiewaarde van heel mielies aansienlik afneem.
Die maal van mielies verhoog styselverteerbaarheid in vergelyking met heel mielies, wat dit meer beskikbaar maak vir absorpsie in die spysverteringskanaal. Hierdie proses verbeter die totale verteerbaarheid van organiese materiaal, stysel en stikstof met onderskeidelik 13%, 15% en 8%. Boonop verhoog maal die energie beskikbaar vir die dier met ongeveer 13%, wat dit 'n meer doeltreffende voer opsie as heel mielies maak. Fyngemaalde mielies kan egter laer rumen pH waardes inhou wat moontlik tot spysverteringskwessies soos asidose kan lei, en daarom is dit belangrik dat die geskikte partikelgroottes verkry word tydens die maalproses om hierdie te voorkom.
Op plaasvlak:
• Die foto regs wys mis van diere wat heelmielies gevoer is.
• Die tabel en grafiek onder wys die verskil in NIR analise tussen heelmielies en die wat met ‘n miswas vanaf die diere verkry is.
|
|
Stysel (% DM)
|
|
Heel Mielies (in voer)
|
74.83
|
|
Heel Mielies (in mis)
|
66.50
|
Tabel 1: Resultate van NIR analise van Heel Mielies voor en na vertering
Heel Mielies (in voer) Heel Mielies (in mis)
Figuur 1: Styselinhoud van Heel Mielies voor en na vertering
Dit wys dat die diere slegs in staat was om 8% van die stysel uit mielies kon benut.
• 8.3% verskil in stysel van 2 monsters: Aanduiding dat baie min stysel verteer is. ‘n Klein gedeelte wat wel verteer is heel moontlik a.g.v. skade tydens herkou- proses.
• 89% van die stysel is nie verteer nie: Aanduiding van swak verbruik deur die bees.
Wetenskaplik:
Studie uitgevoer deur Corona & Rodriguez in California, Amerika waar 120 jaar- oud kruis osse met ʼn aanvangsmassa van 311kg in 'n voerkraal gebruik was om 'n om vergelyking te tref tussen heel mielies en gemaalde mielies. Gebaseer op die proef data kan ons die som met Suid Afrikaanse pryse as volg bereken:
|
Resultate van Corona & Rodriquez:
|
|
Parameter
|
Heel Mielies
|
Gemaalde Mielies
|
|
Beginmassa (kg)
|
311
|
311
|
|
Eindmassa (kg)
|
503
|
515
|
|
GDT (kg/ dag)
|
1.24
|
1.31
|
|
DMI (kg/ dag)
|
7.51
|
7.75
|
|
VOV
|
6.05
|
5.92
|
|
Staandae
|
155
|
155
|
|
Uitslagpersentasie (%)
|
63.74
|
64.52
|
|
Karkasmassa (kg)
|
324
|
331
|
Tabel 2: Proefresultate van Corona & Rodriquez studie in Kalifornië
|
Toepassing van Corona & Rodriquez in SA terme
|
|
Item
|
Prys per eenheid
|
Insluiting
|
|
Mielies (ton)
|
R 4200
|
75%
|
|
Ruvoer (ton)
|
R 1000
|
15%
|
|
HPK (ton)
|
R 7100
|
10%
|
|
Rantsoenkoste (ton)
|
R 4010
|
|
Speenkalf (311 kg)
|
R 35
|
-
|
|
Slag prys (A2, kg)
|
R 54
|
-
|
|
Suid Afrikaanse pryse soos op 28 Februarie 2025
|
Tabel 3: Toepassing van proef in Suid Afrikaanse Terme
|
Kosteberekening:
|
|
Item
|
Formule
|
Heel Mielies
|
Gemaalde
Mielies
|
|
Koste van speenkalf (R)
|
Beginmassa x Speenkalfprys
|
R 10 885
|
R 10 885
|
|
Voerkoste per kop per dag (R/ kop)
|
DMI x Rantsoenkoste
|
R 30.12
|
R 31.08
|
|
Totale voerkoste
|
Staandae x Koste/ dag
|
R 4 668.60
|
R 4 817.40
|
|
Karkas inkomste
|
Karkasmassa x A2 Prys
|
R 17 496
|
R 17 874
|
|
Verskil
|
Karkas inkomste - speenkalfprys -
voerkoste
|
R 1 943
|
R 2 172
|
Tabel 4: Berekening van finansiële implikasie van proefresultate in Suid Afrikaanse omstandighede
|
|
Koste (per ton)
|
|
Totale voerkoste om gelyk te breek
|
R 5 046
|
|
Koste van rantsoen om gelyk te breek
|
R 4 200
|
|
Maalkoste om gelyk te breek
|
R 253
|
Tabel 5: Koste vergelyking tussen heel en gemaalde mielies in 'n TGR om dieselfde ROI op te lewer
Tabel 5 illustreer wat die totale voerkoste per dier oor ’n tydperk van 155 dae moet wees van ‘n gemaalde mielie rantsoen om dieselfde wins te lewer as ‘n heel mielie rantsoen. Verder toon die tabel wat die maksimum maal koste van mielies kan wees om gelyk te breek met heel mielies. Met ander woorde enige maalkoste wat minder as R 253/ ton is, sal dus ‘n positiewe ROI oplewer.
Hierdie proefdata is gebruik vir illustrasiedoeleindes, en somme sal varieer gebaseer op mielieprys, speenkalfprys en slag prys asook plaasspesifieke inname en groeidata. Dit is belangrik om in ag te neem dat Corona & Rodriguez se groeidata baie laer is as waarna gestreef word in Suid-Afrikaanse omstandighede. Hoe hoër die druk op hoër GDTs, hoe moeiliker gaan dit wees om dit met heel mielies te bereik, en hoe groter sal verskil tussen prestasie op heel mielies en gemaalde mielies raak, en so ook die koste implikasie daarvan.
Praktiese Wenke:
• Partikel grootte is van belang en ideaal wil ons graag variasie in partikel grootte sien as volg:
• 33% ongeveer een kwart van die mieliepit grootte.
• 33% tussen een kwart van mieliepit grootte en meelvorm.
• 33% in meelvorm.
• Te groot partikels kan ’n aanduiding wees van ’n gat in die hamermeul sif, of ’n te groot sif.
• Vermy oorverwerking omdat te fyn mielies sal veroorsaak dat meer vinnige fermentasie in die rumen geskied wat voedingsteurnisse (insluitend asidose) kan veroorsaak.
• Berg voldoende verwerkte mielies behoorlik:
• Stoor in ‘n koel, droë gestoor word om bederf te voorkom.
• Verseker dat genoeg klaar gemaalde mielies gestoor word om te buffer teen vir hamermeul brekasie.
• Moenie wissel tussen verwerkte en heel mielies – dit lei tot voedingsteurnisse.
Ten slotte
Die verwerking van mielies vir herkouers is ’n waardevolle gereedskap wat voerdoeltreffendheid verbeter, diereprestasie verhoog en ekonomiese voordele vir boere bied. Deur die regte verwerkingsmetodes te kies en praktiese wenke toe te pas, kan boere die volle potensiaal van hierdie stapelvoer ontsluit.
Evalueer vandag jou huidige praktyke en oorweeg hoe mielieverwerking in jou voerstrategieë kan inpas. Vir meer inligting, skakel jou naaste tegniese adviseur -
https://www.deheus.co.za/meet-our-team