Optimalisering van Jong Vervangingsooie in Suid Afrika: Tegniese en Finansiële Oorwegings

Die Suid-Afrikaanse skaapbedryf staar tans groot finansiële druk in die gesig as gevolg van hoë insetkoste, wisselvallige weersomstandighede en druk op markpryse. Die grootmaak van jong vervangingsooie is 'n kritieke komponent van suksesvolle skaapboerdery in Suid-Afrika. Om volwasse ooie te produseer wat hoë reproduktiewe en produksiepotensiaal het, vereis 'n gebalanseerde voedingsprogram, gesondheidsbestuur, en doeltreffende genetiese seleksie. Deur gebruik te maak van De Heus se gespesialiseerde voedingsprogramme en aanbevole voere, kan produsente die groei- en ontwikkelingstempo van jong ooie aansienlik verbeter, wat lei tot langtermyn hoër finansiële opbrengste.

Die Belangrikheid van Jong Vervangingsooie:
Jong vervangingsooie is die toekoms van enige skaapkudde, en hul suksesvolle ontwikkeling het ‘n direkte invloed op:

  • Lamproduksie – beter ontwikkelde ooie produseer meer, gesonder lammers met hoër speengewigte.
  • Voereffektiwiteit – optimale voeding verlaag mortaliteite en verbeter groei– en besettings tempo’s.
  • Wolproduksie – in dubbeldoel ras-stelsels kan vag-opbrengste verbeter word deur veselontwikkeling.

Om hierdie doelwitte te bereik, moet hul voedingsbehoeftes vanaf speen optimaal ondersteun word. Hierdie kom egter teen ‘n koste en baie produsente sien nie altyd kans om hierdie beleggings in hulle kudde te maak nie, en eerder vervangingsdiere in te koop. Daardie ingekoopte diere gaan egter deur dieselfde koste struktuur waaroor ek as aankoper nie beheer het nie, maar waarvoor ek gaan betaal. Daarmee saam kan dit bydra tot potensiële biosekuriteit risiko's en siektes. Hierdie artikel fokus daarop om produsente te help om vervangingsdiere op so ‘n mate groot te maak dat dit ‘n belegging, en nie ‘n uitgawe is nie.
 
Voedingsuitdagings by Jong Ooie:
Na speen (meestal 3–4 maande oud) ervaar jong ooie:

  • Lae voerinname weens speenskok en ontwikkelende rumen kapasiteit.
  • Onvoldoende proteïen- en energie-inname vir optimale groei en ontwikkeling.
  • Mineraaltekorte (veral koper, selenium en sink) wat immuniteit en veselontwikkeling beïnvloed.

Indien hierdie aspekte nie reg bestuur word nie, lei dit tot:

  • Vertraagde puberteit.
  • Laer konsepsiesyfers (besetting en veral herbesetting).
  • Swakker vleis- en wolproduksie.
  • ‘n Verkorte produksie leeftyd.

Hoe kan ons help om hierdie uitdagings aan te spreek?

Die Rol van De Heus as Veevoer Maatskappy:

De Heus ag homself as ‘n geïntegreerde deel van elke boerdery. Die maatskappy is nie net in die mark om spesialiteit voere te verskaf nie, maar is wel bekend daarvoor om produsente te ondersteun met die nuutste data asook gespesialiseerde voedingsprogramme soos bv. die De Heus ReproSheep voedingsmodel, om produksie doelwitte koste-effektief te bereik.

De Heus ReproSheep Voedingsmodel:

Die De Heus ReproSheep voedingsmodel kyk na die voedingsbehoefte op droëmateriaal basis, meer spesifiek deurvloeiproteïen (SDVE) en energie (VEM), van ‘n ooi met ‘n sekere gewig en verwagte lampersentasie op elke produksiestadium van haar siklus. Die model paar dan die beskikbare ruvoerbronne op die plaas en voer om te verseker dat die dier voldoende nutriënte ontvang om produksie asook reproduksie van die kudde te verhoog.
Die voedingsmodel bied die geleentheid om die algemene liggaamskondisie telling van die kudde meer effektief te bestuur, deur die onnodige oorvoorsiening sowel as die ondervoorsiening aan diere se behoeftes tydens elke produksiefase met byvoeding te beperk.
Deur die regte voeding op die regte tyd te gee, word kostes wys aangewend en word elke dier ‘n optimale geleentheid gegun om haar genetiese potensiaal te wys voor seleksie.
Die ReproSheep model ondersteun die produsent nie net met die algehele bestuur van die voerkoste begroting nie maar verhoog ook ooie se reproduksievermoë en verhoed metaboliese steurnisse as gevolg van foutiewe voedingspraktyke tydens die verskeie produksiefases. Dit bied ook ‘n voer vloei beplanning en akkurate koste bepaling wat by programme soos RWS gebruik kan word.

Watter voordele bied dit nog?

Finansiële Analise: Kostebesparing en Inkomste verbetering

  • Laer Mortaliteit: 5% verbetering in oorlewing = 5 ekstra ooie per 100, wat R15 000– R25 000 waarde kan hê (teen R3 000–R5 000 per ooi).
  • Vervroeg reproduksievermoë: Ooie wat op 12 maande lam, produseer ’n ekstra lam in hul leeftyd (R1 500– R2 500 per lam).
  • Hoër wolpryse: Verbeterde vag kwaliteit kan 10–15% premie op wolpryse lewer.

ReproSheep Voedingsmodel vir vervangings ooie

Figuur 1. Voorbeeld van die ReproSheep Voedingsmodel.


Verseker optimale groei van jong vervangingsooie met hierdie De Heus-produk:

RumiComplete Ewe & Lamb Creep (V24945):
RumiComplete Ewe & Lamb Creep (V24945) is ‘n volledige voer wat spesifiek ontwikkel is om ooie te voer tydens lamtyd. Dit help ooie met uier ontwikkeling, melkproduksie en eiselvorming. Hierdie produk is uiters geskik vir gebruik in lamhokke. Hierdie produk is ook ‘n lam kruipvoer wat vanaf twee weke na lam aan lammers gegee kan word en deur beide ooie en lammers gevreet kan word.

Finansiële voordeel:

  • Verhoogde    speen    gewigte    -    vinniger    groei    beteken    vroeër    dekking    (minder onderhoudskoste voor eerste lam).
  • Verhoogde konsepsiesyfers (>85% tydens eerste paring van ooilammers).
  • Laer mortaliteite weens beter immuniteit.

Rumilick Fleece Booster (V28650):
Rumilick Fleece Booster (V28650) is ‘n produksielek vir wol, sowel as dubbeldoel-rasse. Rumilick Fleece Booster (V28650) word regdeur die jaar aangevul teen lae vlakke om ‘n konstante voedingspeil van die nodige nutriënte te voorsien wat die uitgroei van jong vervangingsdiere op weidings asook kwaliteit wolgroei bevorder.

Finansiële voordeel:

  • Hoër wolprys (swaarder, fyner, sterker vag).
  • Kleiner behoefte aan ontwurming (laer medisynekoste).
  • Beter gemiddelde daaglikse groei op weiding (is instaat om swak ruvoer beter te benut).
  • Produseer meer kilogramme vleis per hektaar (promoveer fetusontwikkelling asook melkproduksie).

Aanbevole Voedingsprogram:

De Heus produkte bied produsente die geleentheid om jong vervangingsooie effektief uit te groei deurmiddel van beskikbare ruvoere beter te benut, die nodige gemiddelde daaglikse gewigstoename beter te bestuur asook oormatige vetneerlegging te verhoed tot en met die eerste dekking.

Fase

Produk

Daaglikse Innames

Verwagte Gemiddelde Daaglikse Gewigstoename

Speen tot 6 maande

RumiComplete Ewe & Lamb Creep

(V24945)

300–500 g/lam/dag + weiding

200–250 g/dag

6 maande tot dekking

Rumilick Fleece Booster (V28650)

100–200 g/ooi/dag + weiding

180–200 g/dag (op weiding)

Figuur 2. Voedingsprogram vir Jong Ooië: Produkte, Inname en Gewigstoename per Fase

Wenke vir Produsente:

  • Biosekuriteit - deur vervangingsooie aan te koop verhoog die risiko om siektes in te bring.
  • Selekteer vervangingsooie op groeipotensiaal en gesondheid – diere wat Cryptosporidium gehad het se leeftyd produksie sowel as reproduksie-vermoë is reeds negatief beïnvloed.
  • Gebruik spesialis voere om genetiese potensiaal te ontgin - in huidige omstandighede maak dit sin om jong ooilammers in voerkraal omstandighede uit te groei tot op 32kg, die beste genetika te selekteer, uitskot ooie verder in voerkraal af te rond en steeds winsgewend te verkoop.
  • Monitor voerkoste teenoor produksiepotensiaal – pas voerprogramme (De Heus ReproSheep voedingsmodel) aan volgens produksiefases en weidingsbehoeftes.

Opsomming:

In ʼn tyd waar finansiële druk die skaapbedryf knel, kan die regte voedingstrategieë ʼn beduidende verskil maak. De Heus RumiComplete Ewe & Lamb Creep (V24945) en Rumilick Fleece Booster (V28650) vul nie net voedingtekort aan nie, maar verhoog ook opbrengste op ʼn koste-effektiewe wyse. Deur hierdie produkte te integreer in jong vervangingsooi bestuur, kan produsente hul winsgewendheid verbeter sonder om hul begroting te oorskry. Investeer vandag in optimale voeding – jou toekomstige opbrengs hang daarvan af!


Vir verdere tegniese ondersteuning, kontak u De Heus-voedingskundige vir spesifieke aanbevelings - https:// www.deheus.co.za/meet-our-team.