SFOS® – Balanseer die rumen vir optimale rumen funksie

Met 'n mededingende mark en insetkoste wat gedurig styg, raak die kostedruk in veeboerdery al hoe groter. Ons moet dus nuwe tegnologieë en alle beskikbare hulpbronne benut om so doeltreffend moontlik te voer. Daar word dikwels genoem dat ons in werklikheid nie die dier voer nie, maar eerder die rumenmikrobes, en dat die sukses van herkouervoeding begin by 'n gesonde en goed funksionerende rumen. Die vraag is egter of ons die rantsoen reg balanseer om aan die mikrobes se behoefte te voldoen?

Die rumen bevat ʼn kombinasie van bakterieë, protosoë en fungi van ongeveer 150 biljoen per 5 millimeter rumenvloeistof. Rumenmikrobes het ʼn generasie interval van 20 minute tot 36 uur, waartydens hulle in simbiose met die dier werk om voedingstowwe af te breek tot ʼn vlak wat dit opgeneem kan word deur die dier. Hierdie mikrobes vermeerder in die rumen in die teenwoordigheid van nutriënte wat hul mikrobiese biomassa verhoog, soos die mikrobes dan deur die abomasum beweeg sterf hulle af en word deur die dier opgeneem as mikrobiese proteïene. Dit is dus belangrik dat ons alles in ons vermoë doen om so goed as moontlik na die fabriek van mikrobes te kyk.

Hoe gesonder die rumenmikrobe populasie is, hoe beter sal vertering plaasvind. Vir ʼn gesonde rumen mikrobe populasie is die volgende faktore van belang:
1. Rumen-pH – Die rumen se mikrobiese populasie floreer binne 'n spesifieke pH-reeks, tipies tussen 6.0 en 7.0. As die pH daal skep dit ʼn gunstige omgewing vir suurverdraagsame mikrobes, soos Lactobacillus wat laktaat produseer en verder ʼn verlaging in pH teweeg bring.
2. Konstante, gebalanseerde nutriëntvoorsiening – Rumenmikrobes benodig 'n deurlopende toevoer van voer as substraat vir fermentasie. Indien hulle nie "gevoer" word nie, sterf hulle af.
3. Temperatuur – Temperatuur speel 'n deurslaggewende rol in die aktiwiteit en oorlewing van rumenmikrobes. Hierdie mikrobes floreer binne 'n nou temperatuurreeks van 39°C tot 41°C. Omdat die rumen hitte genereer tydens fermentasie, is die temperatuur van die rumeninhoud effens hoër as die dier se liggaamstemperatuur. Enige beduidende afwyking kan mikrobiese aktiwiteit en funksionaliteit negatief beïnvloed.
4. Water – Water is noodsaaklik vir rumenmobiliteit en dien as medium vir verterings- en fermentasieprosesse. Dit help om voedingstowwe op te los en skep 'n gunstige omgewing vir mikrobiese ensieme om komplekse koolhidrate, soos vesel, af te breek. Hierdie proses produseer vlugtige vetsure (VFA’s) en gasse, wat energie aan die dier verskaf. Waterinname help ook met rumen-pH-regulering.
5. Anaerobiese omgewing - Die meeste van die mikroörganismes in die rumen, is anaërobe, wat beteken dat hulle die beste floreer en funksioneer in die afwesigheid van suurstof. Die anaërobiese toestande in die rumen skep 'n optimale omgewing vir die fermentasie van veselagtige plantmateriaal en die produksie van voedingstowwe waarop herkouers staatmaak vir energie.
'n Gesonde rumen begin met 'n goed gebalanseerde rantsoen. Die regte balans van voedingstowwe verseker dat mikro- organismes doeltreffend funksioneer en dat die dier nutriënte optimaal benut. 'n Konstante toevoer van voedingstowwe is die sleutel tot optimale rumen-pH, rumenmikrobiese groei en aktiwiteit.
 
SFOS®-formuleringsmetode:
SFOS® is 'n formuleringsmetode wat De Heus gebruik om 'n optimale rumenomgewing vir mikrobes te skep. De Heus het SFOS® ontwikkel om die rumenfermentasie tempo van roumateriale te bepaal en sodoende 'n gebalanseerde rantsoen saam te stel wat die regte hoeveelheid proteïen en energie op die regte tyd aan die dier verskaf.
 
Die voordeel van 'n rantsoen wat nie net gebaseer is op nutriënt spesifikasies nie, maar ook op die fermentasietempo van verskillende roumateriale, is dat ʼn gesonder rumenmikrobe populasie verseker word.
 
Hoe is SFOS® ontwikkel:
SFOS® is in vivo ontwikkel deur verskillende roumateriale, in ʼn nylon sakkie, in rumengefistuleerde diere te plaas. Die roumateriale is dan op verskillende tye weer uit die rumen gehaal en ontleed om die verskillende fermentasie tempo’s van die roumateriale te bepaal. Hierdie toetse word deurlopend herhaal om akkuraatheid te verseker.
 
De Heus gebruik FCH (Fermentable Carbohydrates) en FCP (Fermentable Crude Protein) as maatstawwe vir rumen fermentasie:

 

Proteïen

Koolhidrate

Vinnig fermenteerbaar: 0-2 ure

FCP 1

FCH 1

Medium fermenteerbaar: 2-10 ure

FCP 2

FCH 2

Stadig fermenteerbaar: 10 ure

FCP 3

FCH 3

Wanneer rantsoene geformuleer word, word die fermentasietempo van roumateriale saam met hul nutriëntwaardes in ag geneem. Hierdie komplekse formuleringsmetode verseker nie net dat die dier die regte verhouding nutriënte inneem nie, maar ook dat dit teen die regte tempo beskikbaar is vir die rumenmikrobes.
 
Om SFOS® skematies voor te stel:
Soos hierbo gesien kan word, het elke roumateriaal ʼn unieke fermentasie tempo in die rumen. Die fermentasie tempo moet in ag geneem word wanneer daar geformuleer word, sodat die regte hoeveelheid fermenteerbare proteïen en energie op die regte tyd aan die rumen mikrobes verskaf kan word.
 
Deur SFOS® te gebruik in formulering kry die boer en die dier die volgende voordele:
• Beter vertering van roumateriale in die rumen
• Verbeterde benutting van grondstowwe
• Gesonder rumenfunksie weens 'n verhoogde rumenbakteriepopulasie
• Laer risiko tot asidose
• Gesonder diere
• Verbeterde groei
• Beter voerdoeltreffendheid
• Hoër marge bo voerkoste
 
FeedExpert-formuleringsprogram:
Tesame met SFOS® gebruik De Heus FeedExpert as formulerings program. FeedExpert maak gebruik van die CVB stelsel, in die CVB stelsel is daar nie net ME MJ/Kg en ru-proteïen as waardes nie, maar ook SDVE (Darem verteerbare eiwit) en VEVI (Voeder eenheid Vleisvee Intensief) waardes. SDVE is ʼn waarde wat die ru-proteïen van die roumateriaal en die verteerbaarheid daarvan in ag neem, so is VEVI ook ʼn energie waarde wat verteerbaarheid in ag neem. Deur die formulering stelsel te gebruik, kyk ons nie net na die fisiese energie en proteïen waarde van die rantsoen nie, maar neem ook die beskikbaarheid van die roumateriaal vir die dier in ag.
Die voordele van SFOS® word in beide voerkrale en ekstensiewe omstandighede waargeneem. Om die voordele te kan meet is dit baie belangrik dat daar goed boek gehou word van inname, gewigte en kondisie om die verbeterde prestasie te kan kwantifiseer.
Kontak gerus jou De Heus tegniese adviseur om jou te help om 'n gebalanseerde voedingsprogram saam te stel wat optimale rumenfunksie ondersteun - https://www.deheus.co.za/meet-our-team