Sterk Bulle, Sterk Kudde – Voeding maak die verskil in Teelvoorbereiding
In elke Simmentaler-kudde is die bul die helfte van die kudde. Sy vrugbaarheid en kondisie aan die begin van die teelseisoen bepaal hoeveel koeie vroeg beset raak, hoe korter die kalfseisoen sal wees, en uiteindelik hoe winsgewend die kudde presteer. Al is bestuurspraktyke en vrugbaarheidstoetse belangrik, sal geen bul sy volle potensiaal bereik sonder die regte voedingsbasis nie.
Vrugbaarheid gaan nie net oor semenkwaliteit nie, dit gaan oor die bul se algehele vermoë, stamina en weerstand. ’n Bul in swak kondisie sukkel om koeie doeltreffend te dek, terwyl ’n oorvet bul vinnig moeg word, maklik gewrigsprobleme ontwikkel en dikwels laer semenkwaliteit toon. Voeding beïnvloed direk die volgende drie kernaspekte:
1. Semenproduksie en –kwaliteit:
Spermontwikkeling is ’n deurlopende proses wat sowat 70 dae neem. Indien bulle nie genoegsame energie en proteïen in die regte verhouding kry nie, daal die hoeveelheid en beweeglikheid van spermselle, wat direk tot laer besettingsyfers lei. ’n Gebalanseerde dieet met die regte spoorminerale, soos sink en selenium, is ook onmisbaar vir goeie spermmotiliteit en gesonde spermstrukture
2. Libido en dekdrang
Selfs al is semen van goeie kwaliteit, beteken dit niks as die bul nie die stamina of drang het om koeie aktief te dek nie. Energievoorsiening en ’n gesonde kondisie hou die bul fiks en in ’n uitstekende toestand, wat hom in staat stel om meer koeie oor ’n korter periode suksesvol te dek.
3. Langlewendheid
Bulle is ’n groot belegging, en elke ekstra seisoen waarin hy optimaal kan werk, verhoog sy waarde in die kudde. Behoorlike mineraalaanvulling (veral fosfaat, koper en mangaan) versterk bene en gewrigte, ondersteun hormoonbalanse en verminder die risiko van beserings of vrugbaarheidsprobleme.
Voorbereiding moet minstens 60–90 dae voor die teelseisoen begin. Dit gee genoeg tyd vir spermontwikkeling om voordeel uit beter voeding te trek. Die doel is dat bulle ’n liggaamstoestand van sowat 3 tot 3,5 (op ’n 5-punt skaal) bereik – fiks, sterk en beweeglik, maar nie oorvet nie.
Hier speel RumiComplete Stud Pellets – V28724 ’n sleutelrol. Hierdie produk is meer as net ’n aanvulling; dit is ’n volledig ontwikkelde teelrantsoen wat ontwerp is om aan die unieke behoeftes van jou teeldiere, en spesifiek bulle, te voldoen. Voeding moet minstens 60–90 dae voor die dekseisoen aangepas word. Innames per bul gaan varieer, afhangend van gewig en kondisie, asook die beskikbare kwaliteit ruvoer. Dit is krities dat goeie kwaliteit ruvoer beskikbaar gestel word tydens die voedingsperiode.
Goed voorbereide bulle dek meer koeie vroeër in die seisoen, wat die kalfvenster verkort en ’n meer eenvormige kalfgroep verseker. Dit lei tot beter speengewigte, hoër markwaarde en verbeterde kudde-doeltreffendheid.
By De Heus verstaan ons dat elke koei en elke kalf in jou kudde by die bul begin. Daarom is De Heus RumiComplete Stud Pellets – V28724 meer as net ’n voer, dit is ’n hulpmiddel om teelpotensiaal te ontsluit en jou kudde se langtermyn sukses te verseker.
Voeding maak die verskil in ‘n sterk kudde. Skakel ons tegniese adviseurs vir kundige leiding in teelvoorbereiding.
Vir meer inligting, kontak jou naaste tegniese adviseur - https://www.deheus.co.za/meet-our-team