De Heus On farm challenege -FS & NW

13 November 2019
-
3 minutes

n Finale woord van dank aan ons beoordeelaars Theuns Bruwer (Jerseys) en JD Marais (Holsteins en Ayershires). Dankie vir julle beoordeling en bydrae om hierdie jaar se De Heus On Farm Challenge 2019 Noordwes en Vrystaat se toerweek en prysuitdelingsfunksie voortreflik te gemaak het, dit word opreg waardeer.

Baie geluk aan die volgende Algehele Wenners aangekondig tydens die De Heus On Farm Challenge 2019 Noordwes en Vrystaat te Oryx Hill Safari Lodge in die Ottosdal distrik:

Ayrshires - Algehele Wenner: Anton Homsek Familie Trust; Algehele 2de Plek: Ruma Ayrshires.

Jerseys - Algehele Wenner: Hernanja Trust; Algehele 2de Plek: Lonel Jerseys en Algehele 3de Plek: Strydom Melkery.

Holsteins - Algehele Wenner: Wilha Holsteins; Algehele 2de Plek: JF Botha; Algehele 3de Plek: Strydom Melkery.

Dankie aan elke deelnemer en borg, dit word opreg waardeer!