Pluimveedag

24 October 2018
-
3 minutes

WÊRELDWYE ONTWIKKELING MET BETREKKING TOT PLUIMVEEGESONDHEID & DIEREWELSYN Speker:  René Heijnen - Pluimveespesialis & Veearts 6 November 2018 09h00 - 14h00 Fern Hill Hotel Howick 8 November 2018 09h00 - 14h00 Willows Garden Hotel Potchefstroom

Daar is tans, in baie lande regoor die wêreld, 'n tendens om weg te beweeg van die gebruik van antibiotika in die produksie van diere en om die tradisionele produksiestelsels na meer dierevriendelike stelsels te verander.

Is dit iets wat ons almal ernstig moet opneem? Hoe beïnvloed dit my?

Die spreker sal die De Heus-ervaring in Europa en in ander dele van die wêreld bespreek met betrekking tot die veranderinge wat reeds plaasgevind het en wat dit vir die Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente kan beteken. Hy sal maatreëls bespreek wat op plase geïmplementeer moet word wanneer antibiotika nie meer gebruik gaan word nie.