Tuisblad / Sektore / Ekstensiewe Herkouers

Ekstensiewe Herkouers

Die meerderheid landbougrond in Suid-Afrika (70%) is nie-bewerkbare grond. Die enigste manier om hierdie anders "nuttelose" weiding aan te wend, sodat dit bruikbaar is vir die mens, is om dit te laat bewei deur herkouers (skape en beeste) en sodoende om te skakel in dierlike proteïene wat benut kan word. Hierdie diere omskep lae gehalte weiding in vleis met die hulp van rumenmikrobes, wat die voedingstowwe ontsluit.

Om hierdie proses te fasiliteer en te verbeter het ons die RUMI-produkreeks ontwikkel wat wissel van konsentrate wat gemeng kan word met eie grane en ruvoere tot gereed-vir-gebruik aanvullings, sowel as volledige voer vir alle fasette van ekstensiewe en intensiewe boerdery. Die Rumi reeks produkte maak voorsiening vir al die behoeftes van fetus ontwikkeling in die baarmoeder tot terminale rantsoene in 'n voerkraal.

Ons fokus:

Om kliënte te voorsien van deeglik nagevorste produkte wat maksimum rumenfunksionering sal verseker, wat die benutting van natuurlike weiding sal optimaliseer, en ook die verskaffing van produkte om in alle moontlike voedingstofbehoeftes te voorsien. Daarbenewens streef ons ook daarna om hierdie produkte te kombineer met verbeterde boerderypraktyke met die doel om produksie te verhoog en boerdery meer winsgewend te maak.

Tegniese advies

Ons tegniese adviseurs is opgelei en gekwalifiseerd om elke kliënt te help om sy voedingsprogram aan te pas ten einde produktiwiteit te verhoog en sodoende winste te optimaliseer. Ons doen gereeld plaasbesoeke om vordering te moniteer en produksiestelsels waar nodig te verbeter.

Sektor nuus

Kennisbank artikels